top of page
Search
  • Writer's picture#ChildOfGod

Psalms 91:2 | U is my toevlug en my vesting

"My God, my God...waarom het U my verlaat?"

Dit is dalk jou smeek gebed vandag, maar is dit regtig God wat jou verlaat het of het jy dalk net aangegaan met jou lewe sonder Hom. En nou dat dinge te veel is vir jou, of mense waarop jy staatgemaak het, het jou verlaat—nou besef jy dat God jou enigste toevlug is.

Moet nie God die skuld gee vir jou foute nie. Jy maak elke dag die besluit om binne God se wil op te tree of nie. Om binne Sy beskerming te bly of nie.

God wag vir jou met ope arms. Hy sal jou nooit weg wys nie. Maar moet nie net na God soek wanneer jy hulp nodig het nie. Maak God jou prioriteit en doen alles wat jy doen tot eer en verheerliking van Sy Naam.

Dit beteken nie dat jy 'n lewe sonder probleme sal ervaar nie, maar dit beteken dat jy nooit alleen is nie. Dit beteken dat geen storm te sterk vir jou sal wees nie, want saam met God is jy 'n oorwinnaar.

Here,

Vergewe my asb. Ek het fokus verloor en foute gemaak. Dankie dat U my nogsteeds liefhet al stel ek U teleur. Dankie dat U my nooit verlaat nie en dat U 'n plan het vir my lewe. Dankie vir U voorsiening, beskerming en leiding. Sonder U is ek niks. U is my rots, my toevlug en my vesting.

Ek loof en prys U groot en heilige Naam

Amen “U is my toevlug en my vesting, my God op wie ek vertrou.” Psalm 91:2 (NLV) #ChildOfGod


Recent Posts

See All

PRAYER

My Father in heaven, I praise Your powerful and holy Name. Thank You for Your protection and provision today. Thank You for every...

Kommentare


bottom of page